5 goed wat ek haat

May 25, 2007

Ek het dit goed gedink om lesers bietjie meer te vertel oor my. So ietsie ekstra wat dalk sal help om my beter te verstaan. Niks groot onthullings of so iets nie, net n paar feite. Ek sal begin deur julle te vertel van goed wat ek haat. Ek sal dit kort hou, en net die top 5 noem. So hier volg die lys van top-5-goed-wat-ek-haat: 

  1. Taxi-bestuurders – Ek is sekerlik nie die enigste ou wat voel of hy n mini-beroerte gaan he, elke keer as 1 van die bliksems met pad-reels maak nes hulle wil nie.
  2. Bloed, snot, en ander ligaams-vloeistowwe – Dit is veronderstel om IN jou lyf te bly! (Een van die hoof redes hoekom n ‘regte’ dokter nooit regtig n beroeps-opsie vir my was nie.)
  3. Mense soos in my blog op 8 Mei 2007 (Die een oor ‘David Beckham’) Ek is seker jy sou kon raai dat sulke mense op die lys sal verskyn.
  4. Muskiete – Beslis nie die enigste ou wat die goedjies haat nie. Die silwer randjie om die donker wolk wat die winter vir my is, is die stukkie lekkerkry wat ek kry as ek daaraan dink dat die klein bliksempies vrek. Mag dit n pynlike koue dood wees…
  5. Tamaties – Ek flippen HAAT tamaties. Nie tamatie-sous, of konfyt, of sop of so iets nie. Net n rou tamatie. Ek weet nie regtig wat dit is omtrent hierdie duiwelse vrug nie. Dis net die hele pakket. Die pitjies, omring deur daai snotterigheid… Nee bliksem, ek kan nie eers daraan dink nie! Ek haat tamaties so baie, ek haat sommer mense wat van tamaties HOU ook!!!

So in my ideale wereld sal n taxi-bestuurder deur n swerm muskiete verblind word wanneer hulle sy voorruit tref, waarna hy n David Beckham wannabee in sy flashy kar in sy moer in sal ry, en self noodlottig beseer word, maar beide van hulle hul ligaams-vloeistowwe steeds binne sal hou, en ek naby genoeg is om al die bogenoemde met tamaties te kan gooi. Wat n wonderlike dag sal dit nie wees nie…

Leave a comment