Sunday bloody Sunday

June 3, 2007

Wat is dit omtrent Sondae wat mens so onder kry? Is dit nie Maandae wat veronderstel is om blou te wees nie? Vir een of ander rede is Sondae nou maar net die dag wat mens vou. Alles is somber. Jy mis goed wat jy nie meer het nie. Of jy dink aan goed wat jou hartseer maak. Goed wat jy waarskynlik in elk geval niks aan kan doen nie. Maar jy dink daaraan! Daai vragie: “Wat as…?” feature ook lekker op Sondae. Jy dink aan al die maniere hoe jou lewe anders kon gewees het. Soms beter, soms slegter. Op Sondae dink mens egter gewoonlik net aan die maniere hoe jou lewe kon beter wees. Ek weet nie hoekom nie. Ek het gedink (eintlik gehoop) Sondae raak beter as mens ouer word, maar ek weet nie meer of dit gebeur nie. Miskien as n mens NOG ouer word. Ek weet nie wat dit is omtrent Sondae nie…

Leave a comment